Arabiese Skiereiland

Die Arabiese Skiereiland

Die Arabiese Skiereiland of Arabië[1] is 'n skiereiland in Suidwes-Asië, waar Afrika en Asië ontmoet. Dit lê oos van Ethiopië en Noord van Somalië; suid van Israel, die betwiste Palestynse gebiede en Jordanië; en suidwes van Iran.

Die uiterste kusgebiede van Arabië bestaan uit: aan die suidweste die Rooisee en Golf van Aden; aan die suidooste die Arabiese See; en aan die noordooste die Golf van Oman en die Persiese Golf.

Die volgende lande lê in Arabië:

Die skiereiland is deel van die Midde-Ooste, maar dit beteken gewoonlik die Arabiese Skiereiland saam met die Levant en Mesopotamië. Die woord "Arabië" verwys soms slegs na Saoedi-Arabië.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search